12
Nov
07

Hello Kitty

hello_kitty_470x442.jpg

Ek gaan nou nie in ‘n lang relaas ingaan oor Hello Kitty en al daai nie. Tydens my jare in Taiwan het ek deur drie fases van Hello Kitty blootstelling gegaan.

Fase 1. Haai, kyk daar’s alweer ‘n Hello Kitty op ‘n T-hemp / onderbroek / skoen

nec_hello_kitty_lavie_2x.jpg

Fase 2. Nee, nie nog ‘n Hello Kitty hamburger / karsitplek oortreksel / tandestokkie nie

mm_8giochi_locandina.jpg

en Fase 3:

Nooit ! Ek het rerig nie gedink hulle sou dit regkry om ‘n Hello Kitty op ‘n vliegtuig* / sanity pad / S&M Love Hotel te kry nie !

hello_kitty_love_hotel_1.jpg

Gelukkig was ek die laaste ruk verlos van die ongenaakbare cute kat, maar toe ek gistraand so bietjie Stumble op Firefox vang sy my heel onverwags met ‘n ….

hellokittytrfinalsmall.jpg


Pienk Ferrari … !!! Iemand het nie net sy Ferrari pienk gaan verf nie, maar dit wel ook aan Hello Kitty opgedra! Ongelooflik !

Laat my wonder – wat KAN moontlik nog volgende wees … ?

* ‘n Taiwanese lugdiens het so jaar of wat terug besluit om een van hulle vliegtuie in ‘n Hello Kitty theme vliegtuig te verander. Alles is Hello Kitty gebrand – die sitplekke, air-hostesses, kos en ja, die hele vliegtuig is buite ook volgens die tema geverf. Die vliegtuig neem natuurlik Taiwanese toeriste na Hello Kitty World (amper soos Disneyland) in Japan.

evaairfood.jpg


9 Responses to “Hello Kitty”


  1. November 13, 2007 om 9:01 vm

    FE21 het nou ‘n hele winkel op die grondvloer wat net Hello Kitty juwele verkoop. Ek loop nou draaie na die roltrappe vir die Orange Mart.

  2. 2 Pienk Zuit
    November 13, 2007 om 12:59 nm

    Ek lei af Hello Kitty is Taiwan se Crocs. Hoe lank hou hierdie gier nou al? Dink julle dit gaan oorwaai een of ander tyd (soos Crocs wel sal!)?

  3. November 13, 2007 om 1:11 nm

    Wel, ek’s bly dat Korea nie die enigste plek is met die Hello Kitty craze nie!

  4. November 13, 2007 om 4:05 nm

    Zuit, dit hou nou al so om en by die 20 jaar as ek my nie misgis nie. Ek’s dink dis veilig om te se dit gaan nie oorwaai nie – die volgende generasie is reeds geindoktrineer.

  5. November 15, 2007 om 9:37 vm

    Hierdie blerrie klein katjie het defnitief meer as NEGE lewens!!!

  6. 6 skemerdonker
    November 20, 2007 om 8:39 vm

    Ek het nou die dag op iets wat ek nog in Taiwan gekoop het ‘n barcode met ‘n Hello Kitty agtergrond ontdek. Ek moet sê, ek kan die kat nog meer tolerate as daai honde met die groot neuse.

  7. 8 angelica mae
    Julie 4, 2010 om 6:54 vm

    ang gnda nmn i lke that…………………..


Lewer kommentaar


Bladsye

November 2007
M D W T V S S
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Flickr Photos