Archive for Augustus, 2007

30
Aug
07

Et tu, Brute !

politician02_sm.jpg   politician02_sm.jpg

Et tu, Brute …!

(en waarskynlik van lank voor daai tyd ookal en ja, dis die korrekte Latynse form in die accusative en nie Brutus soos algemeen bekend nie)

Waarvan praat ek ??

Politici … werfetters van formaat. Die tipe van mense wat in hulle ouma se koekblik sal kak, hul suster aan ‘n internasionale smokkelsindikaat verpand en dit alles die oggend voor hulle vroom en vredig voor jou kom staan en beloftes maak oor hoe hulle die wereld ‘n beter plek gaan maak. Hulle is die verdorde binnebadrandring in die abbatoir se bloedaftap tenk. Fokken bliksems as jy my vra.  

Nou mag mens jouself afvra hoekom ek myself so opwerk oor politici en hulle doen en late. Dis amper soos om te kerm oor jou hond ‘n slagyster op die gras gelos het – dis immers inherent aan hulle natuur en mens moet dit maar so aanvaar. (Dis byvoorbeeld een rede hoekom ek nie ‘n hond het nie.) Die vraag is egter hoeveel moet mens net as gelate aanvaar ? Waar le die grens van wat redelikerwys weg gerasionaliseer kan word en wat is net eenvoudig uitbuiting ?

As ‘n mens wat homself gewoonlik nie ophou met onbenullighede soos die doen en late van plaaslike politici nie lei ek oor die algemeen ‘n vreedsame en rustige lewe. Die naaste wat ek daaraan probeer kom om die wereld ‘n beter plek te maak is gewoonlik rondom die braaivleisvuur waar ek vir my vriende probeer verduidelik dat daar plekke in die wereld is waar mens nie elke aand met ‘n wapen onder jou kopkussing hoef te gaan slaap nie. Dis egter weer ‘n ander saak en mens sou die argument kon maak dat aangesien ek nie positief probeer bydra tot die opbou van die land nie, ek dus nie ‘n voet het om op te staan nie. Dis dan ook so, maar wat van die hordes mense wat hulle vertroue en hoop op ‘n politike party gevestig het – net om nou op die wreedste moontlike manier in die rug gesteek te word ?  

Vir die wat dit nou nog nie opgetel het nie – ek praat natuurlik van die politieke oorlopery wat tans besig is om plaas te vind. (Vir ons internasionale kykers – politieke oorlopery is die tydperk wanneer individue wat in ‘n plaaslike (of nasionale) parlement of raad sit hulle tasse kan pak en van hulle huidige politieke party na ENIGE ander politieke party toe kan oorloop en sodoende hulle sitplek (verteenwoordiging) saam met hulle kan vat.) Ja.

Nevermaaind dat hulle nie in ‘n persoonlike hoodanigheid deur die kiesers gekies is nie, maar bloot deur hulle betrokke partye aangestel is.

Nevermaaind dat jy moeite gedoen het om vir ‘n spesifieke party te stem omdat jy nie met die beleid van ander partye saamstem nie.

Nevermaaind dat daar in die pers bespiegel word dat die leier van die nuwe party bande met die onderwereld het.

Nevermaaind dat daar “kontantlenings” aan raadslede gegee word indien hulle sou besluit om oor te loop.

Nevermaaind dat die leier van die nuutgestigte party ‘n hoogeplaasde lid van ‘n opposisieparty R 200 000 en ‘n aand saam met ‘n blonde, 22 jarige Russiese gesellin aangebied het.

Nevermaaind dat jy duisende mense prontuit en sonder verskoning in die hol gaan naai vir persoonlike gewin.

Nevermaaind dit. Dis hoe die stelsel op die oomblik funsioneer. Dis alles aboveboard. Alhoewel die koerante ‘n hele bol stof opskop oor die situasie is daar nie sprake van massa-protes of uitbarstings van openbare woede nie. Dit wil voorkom asof die publiek dit maar net gelate gaan aanvaar. Wat kan mens tog doen ?

Nou soos ek gese het probeer ek myself gewoonlik distansieer van die hele politieke sirkus en alles wat daarmee saamgaan en gaan dit ook nou nie ‘n verskil aan my maak as die helfte van die DA en ID lede oorloop na die een of ander New National People’s Party nie. Maar wragtag waar, om so in die openbaar voor almal te staan en te lieg en te bedrieg en mense wat hulle vertroue in jou gestel het te behandel soos ‘n hondedrol wat onder jou skoensool vassit kan ek nie gelate aanvaar nie.

27
Aug
07

Kyk hoe kyk sy vir my

Ja, my taak hou my te besig. Moet gelukkig more in wees. Gee my darem kans om bietjie te swot vir vrydag se toets. Huhg! Anyway, eintlik kon ek net nie meer die prentjie van die rot hanteer nie so hier is nog mindless dinge tot tyd en wyl ek tyd het om bietjie meer sinvolle nonsens neer te pen. Ek weet nie wie die persoon links op die prentjie is nie, maar ek dog dis nogals snaaks.

 ace1.jpg

23
Aug
07

Belhamelin

Ek speel vroeer vandag so bietjie op die net rond en kom toe op hierdie foto af …

rat.jpg

Darem ‘n pragtige ding, nie waar nie ?

Dit laat my toe dink aan die een Jannie grappie wat ek destyds gehoor het. Vir die van julle wat nie van Jannie grappies hou nie of nie nou al beplan het om julle breine op go-slow te sit nie kan maar die res skip.

Vir die van julle wat nog met my is, hier volg hy dan …

 Jannie is in sub A en ‘n effense vuilbek. In fact, die juffrou kan nie onthou dat Jannie al ooit ‘n dag deurgegaan het sonder om ten minste ‘n paar keer  erenstig te swets nie. Die afkuwelikste woorde wat die juffrou haarself nie kon voorstel nie. 

Nou soos dinge nou maar met skole gaan is dit ook nie ‘n honderd jaar voor die inspekteur ook ‘n draai kom gooi nie en dit maak natuurlik vir die juffrou effens onrustig want sy weet die inspekteur gaan vrae vra in die klas. Die probleem le darin dat Jannie ongelukkig ook die slimste in die klas is so sy weet sy sal hom ‘n kans moet gee.

Die dag breek toe ook so aan en die inspekteur vra die juffrou om haar te wys hoe sy dinge in haar klas doen. Sy dog toe maar sy sal die klas vra om woorde maak met die letters van die alfabet. Sy se ‘n letter en iemand moet probeer om ‘n woord te maak.

So gese, so gedaan en sy begin met ‘A’. Die hele klas se hande gaan op en Juffrou besluit om vir Sannie te vra.

Sy se”Sannie, kan jy vir ons ‘n woordjie maak met ‘A’ ?” en Sannie se” Ja, Juffrou … Appel.” Die Juffrou is hoogs in haar noppies en die hele klas klap hande. Wel gedaan.

Na so ruk raak dit stil en die Juffrou gaan voort. “Klas. Wie kan vir Juffrou ‘n woordjie maak met ‘B’ ?”

So helfte van die klas se hande gaan op met Jannie heel eerste. “Juffrou !! Juffrou !!! Ek kan !” skree Jannie, maar Juffrou maak asof sy hom nie sien nie.

“Ja, Pietie. Kan jy vir ons ‘n woordjie maak met ‘B’?” en Pietie se “Ja, Juffrou … Bobbejaan.” Weereens is die juffrou oorstelp van vreugde en moederlike trots en almal klap hande.

Sy dog toe sy gaan dit bietjie moeiliker maak en val weg met K. Jannie is weer heel eerste en dis net “Juffrou !!! Juffrou !!! Vra vir my !!!” sy kyk oor die klas en sien dat Jannie die enigste een is wat sy hand opgesteek het en sy besef dat sy haarself nou hier in ‘n lelike hoek ingedruk het. Gelukkig na so tel of drie kom Grietjie se hand so effe bewerig op en die juffrou slaak ‘n sug van verligting.

“Ja, Grietjie. Kan jy vir ons ‘n woordjie maak met ‘K’?” en Grietjie se “Ja, Juffrou … Kersfees.” Die juffrou kan haar blydskap skaars verberg en stuur ‘n vinnige skietgebedjie op om dankie te se.

So gaan dit toe ook aan en elke keer is Jannie heel eerste om sy hand op te steek, maar gelukkig is daar altyd iemand anders om die situasie te red. Die juffrou besef egter dat sy kort voor lank wel vir Jannie ‘n kans sal moet gee. Die inspekteur begin al effe snaaks rond te kyk oor die slim kind wat nie ‘n kans kry nie.

Sy dog toe “Watter letter kan ek vir Jannie vra waarmee hy nie ‘n vloekwoord kan maak nie ?” Ongelukkig is van die maklikes soos ‘Q’ en ‘X’ toe al klaar geneem en al wat toe oorbly is ‘R’.

Sy dog toe ‘R’ is ‘n redlike veilige keuse vra vir Jannie. ” Jannie, kan jy vir ons ‘n woordjie maak wat met ‘R’ begin ?”

Jannie dink toe so rukkie en skielik skiet sy hand op. “Juffrou !! Juffrou !!!”

“Ja, Jannie?” vra die Juffrou “wat is jou woordjie?”

“Rotte, Juffrou !” se Jannie en hy strek sy arms wyd uit soos ‘n ou wat beduie hoe groot die vis is wat hy die naweek gevang het. ” Net sulke fokken rotte !!!”

 Nou ja, soos ek gese het – dis nie die snaakste grap wat ek al ooit gehoor het nie en mens kan dit seker ook beter vertel, maar elke keer as ek ‘n rot of ‘n foto van ‘n rot sien dan dink ek aan hierdie grappie.

21
Aug
07

Flying Spaghetti Monster

 Na aanleiding van berigte op ander blogs oor wat mense glo en nie glo nie het ek dit goed geag om my gusteling verweer in sulke tipe van situasies na vore te bring.

Touched by His Noodly Appendage.jpg

 “The Flying Spaghetti Monster (also known as the Spaghedeity) is the deity of a parody religion called The Church of the Flying Spaghetti Monster.[1] The religion was founded in 2005 by Oregon State University physics graduate Bobby Henderson to protest against the decision by the Kansas State Board of Education to require the teaching of intelligent design as an alternative to biological evolution. In an open letter sent to the education board, Henderson professes belief in a supernatural Creator called the Flying Spaghetti Monster which resembles spaghetti and meatballs.[2] He furthermore calls for the “Pastafarian” (a portmanteau of pasta and Rastafarian) theory of creation to be taught in science classrooms.[3]

Due to its recent popularity and media exposure, the Flying Spaghetti Monster is used by atheists and agnostics (known by Pastafarians as “spagnostics”) as a modern version of Russell’s teapot.[4]

One quote by Bobby Henderson states, ‘I think we can all look forward to the time when these three theories are given equal time in our science classrooms across the country, and eventually the world; One third time for Intelligent Design, one third time for Flying Spaghetti Monsterism, and one third time for logical conjecture based on overwhelming observable evidence. ”

Die res in nogals baie interessant en humoristies en kan op wikipedia gelees word.

Click net op die link   http://en.wikipedia.org/wiki/Flying_Spaghetti_Monster

19
Aug
07

Van waar gehasie

Ja, die internet is verleidelik. As jy al ooit gholf gespeel het sal jy hierdie een waardeer …

http://www.youtube.com/watch?v=6X04wZpqx3U

19
Aug
07

Projeksie

  dsc02346.jpg

Dis vandag ‘n pragtige Sondag en mens sou kon sweer dis somer. Pragtige blou lug, helder sonskyn en net so soel luggie wat dinge aan die beweeg hou. Ongelukkig moet ek vandag aan my projek werk wat die einde van die maand in moet wees en ek het myself belowe dat dit ‘n beter poging as my vorige projek sal wees. Die vorige een was egter jare gelede toe ek en ‘n paar makkers ons Bemarking 3 taak die aand voor die tyd op iemand se ou rekenaar gedoen het. Ons nuwe produk wat ons aan die wereld voorgestel het en die proffessore probeer oortuig dat ons nat kak is,  was …. wag daarvoor …. geblikte afval !  Jip, dis hy. Gaan koop jou blikkie afval by jou naaste Spar het ons gereken. Wel nie rerig nie, maar ons moes wel baie vinnig iets op papier neersit om in te handig en enigiets sou doen. Wat my nou egter die moer in maak is dat daar een van my spanlede is wat net so naby aan niks bydra tot die projek en dis ‘n taamlike lywige projek. Dit kan nie te lank wees voor dinge tot ‘n punt gaan trek nie.  

Nou ja, dis dan genoeg gebitch vir eers. Ek het darem gister ingechip vir ‘n birdie en ‘n voucher by die local slaghuis gewen. Hy se sy skape kom van Williston af en is glo baie lekker.

Oppad rekenaarlokaal toe het ek darem so paar foto’s geneem en selfs die odd ooroptimistiese akkerboom raakgeloop …

dsc02355.jpg dsc02333.jpg dsc02342.jpg

Nou moet ek nog net leer hoe om foto’s reg te size.

13
Aug
07

Trek die ketting as jy my kan hoor …

So ja, nou’s ek weer op die grid. Dit was net soveel makliker as met Blogger.

Sign in en siedaar!!

Die een of ander onderduimse bliksem het egter my “Minter” handle gekaap.

Wel, dis of dit of ek het lank terug geregistreer en kan nou nie meer onthou wat die password is nie …

Hoe dit dan ookal sy – van vandag af sal ek bekend staan as die silwerminter.




Bladsye

Augustus 2007
M D W T V S S
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Flickr Photos