13
Jan
08

People are Strange

24
Des
07

Knapsak

Ek dink ek mag myself al verstout het deur te se dat dit nooit die regte tyd vir ‘n Speedo is nie.

fatguyinspeedo_thumb.jpg

Ek bevind myself nou egter in die benarde posisie waar ek hoop dat hierdie kerel wel enetjie aanhet …

fish.jpg

05
Des
07

Goeie ou Chuck

chuck_norris_facts.png

  • Chuck Norris wears a live rattlesnake as a condom.
  • When Chuck Norris sends in his taxes, he sends blank forms and includes only a picture of himself, crouched and ready to attack. Chuck Norris has not had to pay taxes, ever.
  • Chuck Norris once challenged Lance Armstrong in a “Who has more testicles?” contest. Chuck Norris won by 5.
  • There is no theory of evolution, just a list of creatures Chuck Norris allows to live.
  • 20060223-chuck_norris.jpg
  • While urinating, Chuck Norris is easily capable of welding titanium.
  • Chuck Norris can touch MC Hammer.
  • Chuck Norris is responsible for China’s over-population. He hosted a Karate tournament in Beijing and all women within 1,000 miles became pregnant instantly.
  • Chuck Norris shot the sheriff, but he round house kicked the deputy.

Click hier vir meer.

d-chuck-norris-x.jpg

29
Nov
07

Kaiser Chiefs – Ruby

Dis lanklaas gewees dat ‘n song my so gevang het. Dit gebeur ook net so elke twee of drie jaar en gewoonlik is dit die een of ander semi-bubblegum tipe van musiek (vorige “treffers” sluit in “Cherry Lips” van Garbage en die heel eerste Spice Girl song). Hoekom ? Ek weet nie – miskien het ek ‘n sagte plek daarvoor. Hoe dit ookal sy – op daai oomblik doen daai song dit vir my.

Ek weet rerig nie wanneer “Ruby” die eerste keer vrygestel is nie – dit kan heel moontlik al meer as ‘n jaar gelede wees, maar aangesien ek myself die afgelope jaar en meer soos ‘n klooster monnik gedra het om ‘n sukses van my studies te maak het ek dit eers nou die dag gehoor. Hoe dit ookal sy. Dis my song vir die somer – of hy nou laat is of nie.

Check hom hier …

(Lyk my die video werk nie op my site nie – copy en paste net die link hier bo en spec dit))

12
Nov
07

Hello Kitty

hello_kitty_470x442.jpg

Ek gaan nou nie in ‘n lang relaas ingaan oor Hello Kitty en al daai nie. Tydens my jare in Taiwan het ek deur drie fases van Hello Kitty blootstelling gegaan.

Fase 1. Haai, kyk daar’s alweer ‘n Hello Kitty op ‘n T-hemp / onderbroek / skoen

nec_hello_kitty_lavie_2x.jpg

Fase 2. Nee, nie nog ‘n Hello Kitty hamburger / karsitplek oortreksel / tandestokkie nie

mm_8giochi_locandina.jpg

en Fase 3:

Nooit ! Ek het rerig nie gedink hulle sou dit regkry om ‘n Hello Kitty op ‘n vliegtuig* / sanity pad / S&M Love Hotel te kry nie !

hello_kitty_love_hotel_1.jpg

Gelukkig was ek die laaste ruk verlos van die ongenaakbare cute kat, maar toe ek gistraand so bietjie Stumble op Firefox vang sy my heel onverwags met ‘n ….

hellokittytrfinalsmall.jpg


Pienk Ferrari … !!! Iemand het nie net sy Ferrari pienk gaan verf nie, maar dit wel ook aan Hello Kitty opgedra! Ongelooflik !

Laat my wonder – wat KAN moontlik nog volgende wees … ?

* ‘n Taiwanese lugdiens het so jaar of wat terug besluit om een van hulle vliegtuie in ‘n Hello Kitty theme vliegtuig te verander. Alles is Hello Kitty gebrand – die sitplekke, air-hostesses, kos en ja, die hele vliegtuig is buite ook volgens die tema geverf. Die vliegtuig neem natuurlik Taiwanese toeriste na Hello Kitty World (amper soos Disneyland) in Japan.

evaairfood.jpg

07
Nov
07

Teahupoo

Dis ‘n regte wave die …

teahupoo_1.jpg

Die wit skuim links onder in die foto (m.a.w. die rigting waarheen die wave beweeg) word veroorsaak deur water wat vinnig teruggesuig word oor die ontblote harde koraalrif.

So lyk dit as jy hom ry …

teahupoolaird.jpg

en so lyk dit as hy vir jou ry …

teahupoo_wipeout_0.jpg

drop.jpg

Nee ma, ons het lekker gespeel …

gabe-cling-chopes-teahupoo-tattoo.jpg

En hopelik is more my laaste eksamen … !

27
Okt
07

Damn Right !

‘n Mens lees gereeld in die pers van absurde wette wat sommige van die Amerikaanse state het. Gewoonlik dink ‘n mens “Only in America !” Hierdie volgende een het egter my oog gevang as een van die mees sinvolle wette wat ek aan kan dink. Ek is gewoonlik nie te lief vir die NRA nie, maar hulle het wel ‘n belangrike punt beet …

(as mens egter nie hiermee saamstem nie kan die opskrif van die post ‘n mooi pun wees 🙂 )

burglar.jpg

 

US states get ‘shoot first’ law
27/10/2007 16:22 – (SA)

 
DisplayDCAd(‘300×250′,’1’,”);Click here to find out more!
  • Noisy parrot saves the day
  • Cage confronts nude intruder
  • Man killed during scuffle
  • DisplayDCAd(‘220×120′,’1’,”); Washington – Burglars in the United States could once sue homeowners if they were shot, but now a growing number of states have made it legal to shoot to kill when somebody breaks into a house.

    John Woodson, 46, found that out last week when he ambled into Dennis Baker’s open garage in a Dallas suburb. A surveillance video showed the robber strolling inside, hands in his pockets.

    From the shadows, Baker opened fire and killed Woodson.

    “I just had to protect myself and that was it,” Baker told reporters despite the fact Woodson had not tried to enter the bedroom near the garage where Baker had been sleeping.

    The incident made national headlines since it was Baker’s parrot that gave the alarm when it innocently squawked “good morning” at the intruder.

    But Woodson’s death seemed anecdotal compared to another Dallas resident who a few days earlier had killed his second robber in three weeks inside his home.

    Police are investigating both cases, but it is unlikely charges will be filed. Texas recently passed a law branding anybody breaking into a home or car as a real threat of injury or death to its occupants.

    No proof necessary

    In contrast with traditional self-defence laws, this measure does not require that a person who opens fire on a burglar be able to prove that he or she was physically threatened, that force was used only as a last resort and that the victim had first tried to hide.

    Florida was the first state to adopt in 2005 a law that was dubbed “Stand your ground” or “Shoot first”.

    But now they have proliferated largely under pressure from the powerful National Rifle Association (NRA), the main weapons lobby in the United States.

    Today 19 out of 50 US states, mostly in the south and the central regions of the country, have this kind of laws, and similar legislation is pending in about a dozen others.

    “This law will bring common-sense self-defence protections to law-abiding citizens,” said Rachel Parsons, a spokesperson for the NRA.

    “If someone is breaking into your home, it’s obvious that they are not there to have dinner with you,” she continued. “You do have a right to protect your belongings, your family and yourself.

    “The law needs to be put on the side of the victim, and not on the side of the criminal, who is attacking the victim.”

    25
    Okt
    07

    Stresverligting

    bathroom.jpg

    Siende dat ek soveel tyd in die Universiteit se biblioteek spandeer met my swottings spreek dit vanself dat ek per geleentheid besoek afle by die openbare fasiliteite – ook beter bekend as die toilette.

    Sover as openbare toilette gaan is die Bib s’n besonders skoon en goedbelig. Daar is amper sonder uitsondering ‘n oop stal as jy een benodig en jy kan sommer onmiddelik gaan – veilig in die wete dat die US jou gaan voorsien met ontelbare rolle kraaknuwe, off-white, effe growwe enkellaagtoiletpapier.

    As mens gelukkig is het ‘n eerstejaar filosofiestudent die een of ander kwasi-wysheid teen die toiletrolhouer aangebring tydens ‘n lucidum intervallum. Ek dink nou hier veral aan een wat vroeer vanjaar verskyn het, naamlik: “Hoekom skryf mense graffiti?” Dis miskien nie ‘n eg oorspronklike idee in die wye wereld van filosofie nie, maar ek is seker dat die student wel daaran gekom het deur van sy eie grysstof gebruik te maak. As mens minder (of meer, afhangend van jou siening) gelukkig is verkyn daar ‘n telefoonnommer voorafgegaan deur ‘n subtiele verwysing tot seksuele toenadering soos bv. “I SUCK DICK – straight boys welcome”.

    Nou die van julle wat al in die Bib gestudeer het sal weet dat daar tydens eksamentyd ‘n hele bol stres in ‘n man kan versamel en dat die enigste manier om hiervan ontslae te raak is om hand aan eie vlees te slaan. Siende dat meeste ouens in die koshuis is waar kamers gereeld gedeel moet word en die geleentheid vir stresverligting homself dus nie so gereeld voordoen as wat optimaal benut sou kon word nie vind mens dat vele stresgevulde jong mans hulself tot die welverligte stalle van die Bib se fasliteite wend. (nou voor daar nou enige aannames gemaak word – nee, ek het dit jarre laas gedoen – ek is immers nou al ouer as sommige van my dosente en saam met die ouderdom kom natuurlik innerlike krag en selfbeheersing)

    Vandag toe ek egter die deur agter my toemaak val my oog op ‘n klein, netjies geknipte papiertjie wat met kleeflint op ooghoogte vasgeplak is. Dit lees toe as volg:

    “Stressing out during the Exams ???!!! Get yourself some High Quality Porn. R150 for 20GB. Free preview.” gevolg deur ‘n selfoonnommer.

    My magtag !! Dink ek toe – wat ‘n entrepeneur !!! Regte produk, regte tyd, regte plek en nou ja, ek neem aan dat 20 gig jou miskien ‘n ruk lank mag besig hou so ek neem aan dis ‘n goeie prys ook. Die 4 P’s van bemarking op sy kop geslaan.

    Ek gaan myself nou nie uitlaat oor die feit dat hy heel moontlik die universiteit se netwerk gebruik het om die beeldmateriaal mee af te laai nie en aangesien hy sy nommer gelos het dit nie te moeilik vir die owerhede gaan wees om hom daaroor aan te spreek nie. Ek weet egter dat daar aan die einde van dag geen papiertjies oor was nie en ek is seker dat daai jong man homself nou totaal uit sy volgende toetsreeks uit drink!

    14
    Okt
    07

    Haaikona !

    Ek het onlangs weer begin surf en so met die getrawlery vir ‘n lekker surfspot kom ek toe op die volgende af …

    Get your own boat and jetski’s. Head out in the direction of Seal Island in False bay. (Take a few hours, depending from which side of false bay.)The reef sits about south east of seal island.

    (Vir die oningeligtes – Seal Island is waar AL die Discovery Channel se haai programme geskiet word. Dis ook die plek waar die volgende op ‘n gereelde grondslag waargeneem kan word …

    breach.jpg

    Dis blyk egter nie ‘n wesenlike probleem vir die outeurs van die post te wees nie.
    There are 3 breaks.

    1.) Bellows: which sits far out southwest of seal island. Picks up the most swell of the 3, is a predominantly left hand wave but breaks both directions.

    20070903121521-surf-spot-photo-bellows-bellows.JPG

    2.)East shoal: (Thats the name given on sea charts) A deeper reef so needs bigger swell to work. Dont know if it has ever been surfed. Right and left.
    3.) Unnamed righthander that breaks off seal island. Can get perfect under the right swell but a life gamble due to sharks.

    20070903115537-surf-spot-photo-bellows-big-reef.jpg
    The weather does strange things and the wind blows all the time out here so plan it well and go on a calm day after a storm so that you dont get blown to the south pole! I recommend checking the tides and sea report before aswell. ASEC (African Shark Eco Charters) do shark cage diving trips often out here and are here mostly when the seas are calmer but I wouldnt advise going surfing when they are about!

    General: Scary place, cold water all year round. Winter is the best time to go as the most swell comes from huge storms out to sea.The downside about winter is that the sharks apparently feed more off shark island and head closer to the mainland in the summer. There is an abundance of all sea life out there so if you not surfing, you can just enjoy the scenery. We have only surfed here a few times, as wind conditions got worse and more sharks were spotted but gets perfect on a good day. Bring a Bible and a crowd cause theres none here.

    Die ding wat die meeste opval van die post is inderdaad nie die hoeveelheid spelfoute nie, maar wel die volgende frase : We have only surfed here a few times, as more sharks were spotted “.

    Ek weet nou nie of ek miskien ‘n statistiese uitskieter is nie, maar as ek een haai, een keer by ‘n spesifieke spot gesien het sal jy my nie weer by daai spot sien surf nie. In fact – dit sal ‘n hele ruk wees voor ek dit enigsins sal oorweeg om dit selfs in ‘n gewone bad te waag. Nie hierdie kerels nie. Nee, hulle het ‘n blykbaar ‘n haaidrumpelvlak. “Ok, boys die swell is so 8 voet, die wind off-shore en daar’s so om en by 4 tot 5 haaie in die omgewing. Ek se ons surf tot die wind wes draai en waves platdruk of die haai count tot by so 10 kom, wat ookal laaste gebeur …”

    Partykeer moet mens jouself afvra of almal wel die “oorlewings” chromosoom gekry het.

    Meer details by http://www.wannasurf.com

    08
    Okt
    07

    The Aliens have landed

    Ek het nog altyd gewonder wie die mense is wat al hierdie kompetisies wen …

    dsc02386.JPG

    Nou weet ek, want ek is Een van Hulle.

    dsc02385cut.JPG




    Bladsye

    Mei 2024
    M D W T V S S
     12345
    6789101112
    13141516171819
    20212223242526
    2728293031  

    Flickr Photos