Die ding van pizza is dat selfs wanneer dit sleg is, is dit nog steeds lekker. Ja, selfs al gooi hulle sweetcorn en bevrore ertjies op jou pizza. Trust me. Selfs ‘n seekatpizza met ‘n soet mayonnaise het al meermalig sy weg sonder moeite na die middelpunt van my spyverterinsstelsel gevind.
Die problem met pizza is egter dat tensy jy bereid is om herhaaldelik blootgestel te word aan tenniselmboog weens oormatige deeg knieery jou pizza net eenvoudig nie die cut gaan maak nie. Daar is dan natuurlik ook nog die problem van die houtgevuurde oond, maar ons aanvaar argumentsonthalwe dat jy dieselfde effek kan verkry deur jou pizza met ’n eierspaan deur ’n oop gasvlam te trek.
Dus deur die jare en na baie semi-suksesvolle, maar nie volledig bevredigende tuisprobeerslae kom mens dan tot die gevolgtrekking dat as jy die dag lus is vir ‘n lekker pizza sal jy nie anders kan as om na jou gunsteling restaurant toe te gaan nie. Hulle maak hom mos net reg … Wel, ook nie eintik nie. Dis amper, maar ook net net nie. Bietjie baie tamatie, te min knoffel en hulle salami is te vetterig. Die bacon proe ook altyd eerder na ham en mens weet nooit of die anchovies van die klein en baie lekker tipe of van die groot en maak-jou hele-pizza-pap tipe gaan wees nie. Mens kan eintlik net nie wen nie.
Baie dieselfde kan natuurlik van burgers gese word. Ek sweer die lekkerste burger wat ek al ooit geeet het was een van daai soya-patty burgers wat die makers van Rennie’s verniet aan Richard’s kafee verskaf het. Hel, drie uur die oggend oppad terug van die dorp af is enige iets wat warm is en nie meer hare of horings op het nie ‘n kullinere ervaring vanuit die boonste rake. Dis egter nie slegs Richard’s wat die allenreg op lekker burgers besit nie soos die Spur al deur die jare bewys het. Ten spyte van die feit dat daar tussen 7 en 23 verskillende mense se urine op die pepermente in die bak by die till gevind kan word sowel as die totale afwesigheid van diens kom menige gesin tog terug vir nog ‘n rondte. So ook het plekke soos die Dros, La Romatica en vele ander ook al baie van hulle sukses te danke aan die burger. Almal het hulle favourite en daar is altyd ‘n sous wat so lekker is dat jy dit nie by die huis kan maak nie, maar ook net nie heeltemaal lekker genoeg dat jy dit skoon sou eet nie.
Dis toe in die lig van bogenoemde dat ek hierdie pakkie in die vrieskas gewaar …

Nou ja, ek is nou al reeds 8 maande terug in die land en het dus al meer as genoeg tyd gehad om my hande op ‘n stukkie voel te le, maar ongelukkig het Nando’s nie ‘n tak in Stellenbosch nie en selfs al het hulle een gehad sou hulle my ook nie volstruis burger aangebied het nie.
Piele, dog ek toe en sit hom op die arecht om te ontdooi.
So met die ontdooing vang ek myself dat ek die resep agter op die verpakking lees. Nou alhoewel dit nie per se ‘n doodsonde is nie, lei dit gewoonlik wel tot een. My tong slaan nou nog aan my verhemelte vas as ek terugdink aan die een Maart maand toe my ouma/ma/suster/die tannie oorkant die straat die resep op die agterkant van die Rice Crispies boks beetgekry het en vir ons koekies gemaak het. Die hele winter moes ek my weg deur ’n nimmereindigende verkeidenheid blikke en trommels vol pap, aangeslane windkoekies worstel as ‘n belonging vir wanneer ek die slag wel ‘n hap spinasie kon afkry. So teen die lente se kant het ek al begin rebelleer teen enige vorm van brekvis uit weerwraak teen die geweentelose Kellogg’s kokke wat hulle ongenaakbare laf koekie resep op die wereld en my palet losgelaat het.
Dit was dus met ‘n gevoel van trepidasie dat ek myself sover kon kry om verder te lees aan wat die Klein Karoo Ko-operasie my wou wysmaak oor hoe om hulle voltruis patties selfs meer geur en smaak te gee.
Hulle voer toe aan dat die patties – wat na verderre ondersoek blyk gemaak te wees van prima A klas sappige voltruis met ‘n uitstekende tekstuur – goed gekomlimenteer sou word deur ‘n pynappel salsa. Hmmm, dog ek – hiers ‘n interessante angle, maar kom ons werk daarmee.
Dit blyk toe egter nie pynappel seisoen te wees nie (of om meer akkuraat te wees – daar was nie enige pynappels in die huis nie), maar wylens ek my oog so luiweg oor die vrugtebak laat dwaal spot ek toe wel ‘n avo.
Nou ja, salsa, nachos, guacamole, make the connection en soos wyle Freddy Mercury gese het – play the game.
Ek maak toe die salsa as volg: (all equal parts)
Rooi uie
Tamatie
Green pepper
Avo
Kap ‘n mild chilli fyn op, so knerts lemmietjiesap, ‘n sprinkle sout en so paar draaie peper.
Ja, glad nie sleg nie, maar dit kort iets. Hmmm, ontwortel daar ‘n stuk gemmer wat agter ‘n lemoen skuil en kap so bietjie in. Volg dit toe op met ‘n teelepel suiker. Mensig !!! Die patties, in die meanwhile, is vinnig teen ‘n hoe temperatuur in die pan gebraai met olyfolie en toegelaat om effe aan te brand. Rooi en sappig in die middel soos ’n goeie steak.
Toe’s dit ‘n geval van broodjie, botter, paar uie en tamatie ringe, pattie, paar plakke cheddar en bedek mildelik met salsa. Sit vir hom ‘n hoed op en siedaar !
Vele keer se mense “Woorde kan nie beskryf hoe lekker dit was nie”. Hulle is egter verkeerd. Woorde kan wel beskryf hoe lekker dit was – woorde kan dit selfs in breedvoerige en onthullende helderheid doen. Die problem is egter dat die woorde om my volstruisburger te beskryf nog nie bestaan nie.
P.S. As jy weet wat ‘n “arecht” is staan jy die kans om die Ware Jakob – ‘n Volstruisburger ala Silwerminter – los te slaan.
Onlangse Kommentaar