Archive for November 29th, 2007

29
Nov
07

Kaiser Chiefs – Ruby

Dis lanklaas gewees dat ‘n song my so gevang het. Dit gebeur ook net so elke twee of drie jaar en gewoonlik is dit die een of ander semi-bubblegum tipe van musiek (vorige “treffers” sluit in “Cherry Lips” van Garbage en die heel eerste Spice Girl song). Hoekom ? Ek weet nie – miskien het ek ‘n sagte plek daarvoor. Hoe dit ookal sy – op daai oomblik doen daai song dit vir my.

Ek weet rerig nie wanneer “Ruby” die eerste keer vrygestel is nie – dit kan heel moontlik al meer as ‘n jaar gelede wees, maar aangesien ek myself die afgelope jaar en meer soos ‘n klooster monnik gedra het om ‘n sukses van my studies te maak het ek dit eers nou die dag gehoor. Hoe dit ookal sy. Dis my song vir die somer – of hy nou laat is of nie.

Check hom hier …

http://www.youtube.com/watch?v=d14511Amd08

(Lyk my die video werk nie op my site nie – copy en paste net die link hier bo en spec dit))