Ek gaan nou nie in ‘n lang relaas ingaan oor Hello Kitty en al daai nie. Tydens my jare in Taiwan het ek deur drie fases van Hello Kitty blootstelling gegaan.
Fase 1. Haai, kyk daar’s alweer ‘n Hello Kitty op ‘n T-hemp / onderbroek / skoen
Fase 2. Nee, nie nog ‘n Hello Kitty hamburger / karsitplek oortreksel / tandestokkie nie
en Fase 3:
Nooit ! Ek het rerig nie gedink hulle sou dit regkry om ‘n Hello Kitty op ‘n vliegtuig* / sanity pad / S&M Love Hotel te kry nie !
Gelukkig was ek die laaste ruk verlos van die ongenaakbare cute kat, maar toe ek gistraand so bietjie Stumble op Firefox vang sy my heel onverwags met ‘n ….
Pienk Ferrari … !!! Iemand het nie net sy Ferrari pienk gaan verf nie, maar dit wel ook aan Hello Kitty opgedra! Ongelooflik !
Laat my wonder – wat KAN moontlik nog volgende wees … ?
* ‘n Taiwanese lugdiens het so jaar of wat terug besluit om een van hulle vliegtuie in ‘n Hello Kitty theme vliegtuig te verander. Alles is Hello Kitty gebrand – die sitplekke, air-hostesses, kos en ja, die hele vliegtuig is buite ook volgens die tema geverf. Die vliegtuig neem natuurlik Taiwanese toeriste na Hello Kitty World (amper soos Disneyland) in Japan.










Onlangse Kommentaar