Archive for November, 2007

29
Nov
07

Kaiser Chiefs – Ruby

Dis lanklaas gewees dat ‘n song my so gevang het. Dit gebeur ook net so elke twee of drie jaar en gewoonlik is dit die een of ander semi-bubblegum tipe van musiek (vorige “treffers” sluit in “Cherry Lips” van Garbage en die heel eerste Spice Girl song). Hoekom ? Ek weet nie – miskien het ek ‘n sagte plek daarvoor. Hoe dit ookal sy – op daai oomblik doen daai song dit vir my.

Ek weet rerig nie wanneer “Ruby” die eerste keer vrygestel is nie – dit kan heel moontlik al meer as ‘n jaar gelede wees, maar aangesien ek myself die afgelope jaar en meer soos ‘n klooster monnik gedra het om ‘n sukses van my studies te maak het ek dit eers nou die dag gehoor. Hoe dit ookal sy. Dis my song vir die somer – of hy nou laat is of nie.

Check hom hier …

http://www.youtube.com/watch?v=d14511Amd08

(Lyk my die video werk nie op my site nie – copy en paste net die link hier bo en spec dit))

12
Nov
07

Hello Kitty

hello_kitty_470x442.jpg

Ek gaan nou nie in ‘n lang relaas ingaan oor Hello Kitty en al daai nie. Tydens my jare in Taiwan het ek deur drie fases van Hello Kitty blootstelling gegaan.

Fase 1. Haai, kyk daar’s alweer ‘n Hello Kitty op ‘n T-hemp / onderbroek / skoen

nec_hello_kitty_lavie_2x.jpg

Fase 2. Nee, nie nog ‘n Hello Kitty hamburger / karsitplek oortreksel / tandestokkie nie

mm_8giochi_locandina.jpg

en Fase 3:

Nooit ! Ek het rerig nie gedink hulle sou dit regkry om ‘n Hello Kitty op ‘n vliegtuig* / sanity pad / S&M Love Hotel te kry nie !

hello_kitty_love_hotel_1.jpg

Gelukkig was ek die laaste ruk verlos van die ongenaakbare cute kat, maar toe ek gistraand so bietjie Stumble op Firefox vang sy my heel onverwags met ‘n ….

hellokittytrfinalsmall.jpg


Pienk Ferrari … !!! Iemand het nie net sy Ferrari pienk gaan verf nie, maar dit wel ook aan Hello Kitty opgedra! Ongelooflik !

Laat my wonder – wat KAN moontlik nog volgende wees … ?

* ‘n Taiwanese lugdiens het so jaar of wat terug besluit om een van hulle vliegtuie in ‘n Hello Kitty theme vliegtuig te verander. Alles is Hello Kitty gebrand – die sitplekke, air-hostesses, kos en ja, die hele vliegtuig is buite ook volgens die tema geverf. Die vliegtuig neem natuurlik Taiwanese toeriste na Hello Kitty World (amper soos Disneyland) in Japan.

evaairfood.jpg

07
Nov
07

Teahupoo

Dis ‘n regte wave die …

teahupoo_1.jpg

Die wit skuim links onder in die foto (m.a.w. die rigting waarheen die wave beweeg) word veroorsaak deur water wat vinnig teruggesuig word oor die ontblote harde koraalrif.

So lyk dit as jy hom ry …

teahupoolaird.jpg

en so lyk dit as hy vir jou ry …

teahupoo_wipeout_0.jpg

drop.jpg

Nee ma, ons het lekker gespeel …

gabe-cling-chopes-teahupoo-tattoo.jpg

En hopelik is more my laaste eksamen … !