Siende dat ek soveel tyd in die Universiteit se biblioteek spandeer met my swottings spreek dit vanself dat ek per geleentheid besoek afle by die openbare fasiliteite – ook beter bekend as die toilette.
Sover as openbare toilette gaan is die Bib s’n besonders skoon en goedbelig. Daar is amper sonder uitsondering ‘n oop stal as jy een benodig en jy kan sommer onmiddelik gaan – veilig in die wete dat die US jou gaan voorsien met ontelbare rolle kraaknuwe, off-white, effe growwe enkellaagtoiletpapier.
As mens gelukkig is het ‘n eerstejaar filosofiestudent die een of ander kwasi-wysheid teen die toiletrolhouer aangebring tydens ‘n lucidum intervallum. Ek dink nou hier veral aan een wat vroeer vanjaar verskyn het, naamlik: “Hoekom skryf mense graffiti?” Dis miskien nie ‘n eg oorspronklike idee in die wye wereld van filosofie nie, maar ek is seker dat die student wel daaran gekom het deur van sy eie grysstof gebruik te maak. As mens minder (of meer, afhangend van jou siening) gelukkig is verkyn daar ‘n telefoonnommer voorafgegaan deur ‘n subtiele verwysing tot seksuele toenadering soos bv. “I SUCK DICK – straight boys welcome”.
Nou die van julle wat al in die Bib gestudeer het sal weet dat daar tydens eksamentyd ‘n hele bol stres in ‘n man kan versamel en dat die enigste manier om hiervan ontslae te raak is om hand aan eie vlees te slaan. Siende dat meeste ouens in die koshuis is waar kamers gereeld gedeel moet word en die geleentheid vir stresverligting homself dus nie so gereeld voordoen as wat optimaal benut sou kon word nie vind mens dat vele stresgevulde jong mans hulself tot die welverligte stalle van die Bib se fasliteite wend. (nou voor daar nou enige aannames gemaak word – nee, ek het dit jarre laas gedoen – ek is immers nou al ouer as sommige van my dosente en saam met die ouderdom kom natuurlik innerlike krag en selfbeheersing)
Vandag toe ek egter die deur agter my toemaak val my oog op ‘n klein, netjies geknipte papiertjie wat met kleeflint op ooghoogte vasgeplak is. Dit lees toe as volg:
“Stressing out during the Exams ???!!! Get yourself some High Quality Porn. R150 for 20GB. Free preview.” gevolg deur ‘n selfoonnommer.
My magtag !! Dink ek toe – wat ‘n entrepeneur !!! Regte produk, regte tyd, regte plek en nou ja, ek neem aan dat 20 gig jou miskien ‘n ruk lank mag besig hou so ek neem aan dis ‘n goeie prys ook. Die 4 P’s van bemarking op sy kop geslaan.
Ek gaan myself nou nie uitlaat oor die feit dat hy heel moontlik die universiteit se netwerk gebruik het om die beeldmateriaal mee af te laai nie en aangesien hy sy nommer gelos het dit nie te moeilik vir die owerhede gaan wees om hom daaroor aan te spreek nie. Ek weet egter dat daar aan die einde van dag geen papiertjies oor was nie en ek is seker dat daai jong man homself nou totaal uit sy volgende toetsreeks uit drink!




wat swot jy nou? is daar nogsteeds die berugte loergate in die mansbadkamer?
Ek verdeel my tyd tussen ‘n Honneursgraad in Bestuursrekeningkunde en te tob oor hoekom die jong mense van vandag dink dis cool om soos Madonna in haar Material Girl dae te lyk. Dit blyk dat nekbewers (a.k.a. mullets) deesdae ook hoogmode is. Veral as jy so kol daarvan anders as jou normale haarkleur kan kleur dat dit soos ‘n ontbindende knaagdier lyk. Ek noem dit die Rot Mullet.
As ek dan hopelik oor so twee weke klaar gestudeer is beoog ek om ‘n CIMA kwalifikasie te verkry vanvaar ek na Engeland of Australie wil verhuis en dan die wereld oorneem. Indien dit egter blyk onmoontlik te wees sal ek settle vir die stig en instandhouding van my eie private harem erens tussen Sydney en Brisbane.
bwahahahahaha, excellent post.
err…so watter hokkie sĂȘ jy was dit?
(skemerdonker – ja, hulle is nog steeds daar.)
Jy’s te laat, maar ek sal jou volgende keer vinniger kontak. Miskien kry jy oggendafslag …:)
whoohoo!